Musiek
Inhoud
Laai die 2026 Musiek Handboek af
1. Algemene Inligting
Alle navrae waarop ’n skriftelike antwoord verwag word, moet per e-pos geskied na musiek@vskw.co.za of navrae@vskw.co.za.
1.1 Inskrywings
Inskrywings open: 1 Junie 2026
Inskrywings sluit: 26 Junie 2026 om 17:00
Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie
Navrae: musiek@vskw.co.za of navrae@vskw.co.za
1.2 Metode van Betaling
- Elektroniese inbetaling – hierdie is die enigste metode wat gebruik mag word.
- Wanneer u die elektroniese inbetaling doen, moet die skool/instansie se inskrywings in een transaksie betaal word. Gebruik die spesifieke verwysingsnommer wat vir die aanlyn-inskrywings aangedui word) en e-pos die betaalvorm na fin@vskw.co.za.
- Voordat die volledige inskrywingsgeld nie ontvang is nie, sal die betrokke inskrywing(s) nie as geldig beskou word nie.
- Die laaste datum vir betaling van inskrywingsgeld is Vrydag 26 Junie 2026 teen 17:00.
- Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
1.3 Inskrywingsfooie
| ITEM | BEDRAG |
|---|---|
|
Individuele items
|
R25 |
|
Duette en Trio’s
|
R50 |
|
Kwartette
|
R65 |
|
Dubbel-Kwartette
|
R80 |
|
Ensembles
|
R80 |
|
Groepsang
|
R80 |
|
Orkeste
|
R160 |
|
Concerto saam met orkes
|
R160 |
|
Kore
|
R250
|
|
Deurgelde
|
R10
|
1.4 Die Kunswedstryd
Hoewel die onderskeie komitees alles in hulle vermoë doen om buite-Bloemfonteinse deelnemers op dieselfde dag te akkommodeer, is die rooster – soos wat dit in die roosterboek verskyn – finaal en kan veranderinge op daardie stadium slegs aangebring word as ’n deelnemer per abuis in verskillende afdelings (lokale) op dieselfde tydgleuf ingedeel is. Spesifieke versoeke moet voor die sluitingsdatum vir inskrywings direk met die betrokke voorsitter of sekretaris van die betrokke afdeling(s) gekommunikeer word.
Die rooster met die tye en nommers van deelnemers sal nie later nie as 2 weke voordat die kunswedstryd ’n aanvang neem, op die webblad beskikbaar wees.
1.5 Onttrekkings
Onttrekkings moet so gou as moontlik deurgegee word om steeds die program glad te laat verloop. Inskrywingsgeld is nie terugbetaalbaar nie.
Epos volledige besonderhede van onttrekkings (naam van deelnemer, deelnemersnommer, wedstrydnommer, wedstrydbeskrywing, itemnommer ensovoorts) na die voorsitter/sekretaris van die betrokke afdeling.
2. Algemene Wedstrydreëls
2.1 Reëls
IN ALLE GEVALLE IS DIE BESTUUR SE VERTOLKING VAN DIE VOLGENDE REËLS, WAT VIR ALLE AFDELINGS GELD, FINAAL.
Die ouderdom van ’n deelnemer word bepaal volgens sy/haar ouderdom op die dag waarop die betrokke afdeling ’n aanvang neem. Waar grade genoem word, word bedoel die skoolgraad waarin die leerders in die betrokke jaar is.
Geen oorspronklike werk mag meer as een keer aangebied word in ’n wedstryd van die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging nie.
- Deur in te skryf vir enige wedstryd in enige afdeling van hierdie kunswedstryd, gee die deelnemer (ook geïmpliseer deur middel van ’n inskrywing wat deur ’n onderwyser/ dosent/organiseerder/ens. gedoen word) die reg aan die Vrystaatse Kunswedstryd Trust, handeldrywend as die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging (VKV), om foto’s en/of videosnitte van die spesifieke optrede tydens die kunswedstryd op die VKV se webtuiste www.vskw.co.za en/of sosiale media (Facebook) te publiseer, asook vir bemarkingsdoeleindes van die VKV. In die geval van oorspronklike werke van enige aard wat tydens die kunswedstryd aangebied word, staan die deelnemer ook kopiereg en publikasiereg toe aan die VKV, hetsy vir gebruik op die VKV se webtuiste, sosiale media of in gedrukte formaat, of enige ander elektroniese formaat wat van toepassing mag wees.
- Geen deelnemer mag meer as een keer in dieselfde wedstryd deelneem nie: bv. in die Afdeling Duet 10 jaar mag die deelnemer nie meer as een keer deelneem nie.
- Die beslissing van die beoordelaar(s) is finaal.
- Geen persoon (behalwe komiteelede) sal toegelaat word om met die beoordelaar(s) in verbinding te tree onmiddellik voor, gedurende of ná die beoordeling van ’n wedstrydnommer of item nie.
- Die vereniging kan nie aanspreeklikheid vir inskrywings, navrae of korrespondensie aanvaar nie, tensy dit spesifiek gerig is aan die sekretarisse/voorsitters van die betrokke afdelings.
- Deelnemers moet ’n halfuur voor die tyd teenwoordig en opgewarm wees.
- Vir groepe met 10 of minder individue kan elke persoon se naam op die inskrywingsvorm aangedui word; elkeen sal dan sy/haar eie sertifikaat ontvang vir die betrokke item. Merk die name egter duidelik as ’n groep. Vir groter groepe word slegs 1 sertifikaat uitgereik en hoef daar slegs ’n groepnaam op die inskrywingsvorm geskryf te word.
- Die VKV behou die reg voor om ’n trofee nie toe te ken nie, indien die gelewerde item(s) nie op standaard is nie.
- Sertifikate word volgens simbole toegeken.
- Vir elke wedstryd moet ʼn kopie van die werk wat voorgedra word, ingehandig word. GEEN BUNDELS nie.
- Ligte musiek werke kan gekies word uit die volgende genres: Ligte verwerkings van Afrikaanse en Engelse treffers (populêre musiek), verwerkings uit films of blyspele, “Blues en Boogies”, immergroen melodieë, Latyns-Amerikaanse ritmes, Afrikamusiek, Gospel en Jazz.
- Ligte musiek solo’s kan ook in kombinasie met ’n klankbaan (“backtrack”) aangebied word.
- Klankapparaat sal beskikbaar wees.
2.2 Simbole
| SIMBOOL | PERSENTASIE | SERTIFIKAAT |
|---|---|---|
| A++ | Bo 90% | Goud |
| A+ | 85% – 89% | Goud |
| A | 80% – 84% | Goud |
| B+ | 75% – 79% | Silwer |
| B | 70% – 74% | Silwer |
| C | 60% – 69% | Slegs sertifikaat |
2.3 Formaat van Handboek Inligting
Die inligting vir elke wedstryd in hierdie handboek word nou in ’n vriendeliker formaat weergegee. Vir ekstra sekerheid word die doel van elke kolom kortliks verklaar:
| TERM | BESKRYWING |
|---|---|
| Wedstryd Nr | Dit is die unieke wedstrydnommer wat ook op die inskrywingsvorm aangedui moet word. Dit is baie belangrik dat hierdie nommer presies reg moet wees op die inskrywingsvorm. |
| Beskrywing | Die ouderdomsgroep/graad/kategorie van die spesifieke wedstryd. |
| Tyd | Die tydsbeperking vir die betrokke wedstryd. Die werklike tydsduur van die gelewerde item mag korter wees. Leerlinge wat langer as die aangeduide tyd speel, sal gevra word om te stop. |
3. Meer Inligting
Meer inligting is beskikbaar in die 2026 Musiek Handboek.