Voordrag en Toneel
Voordrag en Toneel - 2026 Roosterboek
Laai die nuutste weergawe van die 2026 Roosterboek hier af.
Inhoud
Laai die 2026 Voordrag en Toneel Handboek af
1. Algemene Inligting
Alle navrae waarop ’n skriftelike antwoord verwag word, moet per e-pos geskied na drama@vskw.co.za.
1.1 Inskrywings
Die inskrywingsproses behels die volgende:
- Vanaf Maandag, 16 Februarie 2026 kan inskrywings aanlyn gedoen word by https://www.vskw.org.za/. Vir meer instruksies kan u vanaf 2 Februarie 2026 na die inskrywingsbladsy op die webtuiste gaan.
- Neem kennis dat alle inskrywings slegs elektronies geskied.
1.2 Metode van Betaling
Elektroniese inbetaling – hierdie is die enigste metode wat gebruik word.
Betaling geskied met plasing van inskrywing.
Indien u nie oor die fasiliteit beskik om dadelik te betaal op die webtuiste nie, sal u ‘n faktuur kan aanvra, waarna die betaling dan binne ‘n tydperk van 5 (vyf) dae elektronies oorbetaal kan word.
Alle besonderhede sal op die faktuur verskyn.
Let ook op die volgende:
- Elke afdeling se inskrywingsgeld moet dienooreenkomstig op die betaalvorm (sien bylae 1) uiteengesit word.
- Wanneer u die elektroniese inbetaling of deposito by die bank doen, moet die skool/instansie se inskrywings in een transaksie betaal word. Gebruik die skool/instansie se naam as verwysing (of die spesifieke verwysingsnommer wat vir die aanlyninskrywings aangedui word) en e-pos die bewys na fin@vskw.co.za.
- Voordat die volledige inskrywingsgeld nie ontvang is nie, sal die betrokke inskrywing(s) nie as geldig beskou word nie.
- Die laaste datum vir betaling van inskrywingsgeld is Vrydag, 20 Maart 2026.
1.3 Sluitingsdatum vir Inskrywings
- 20 Maart 2026 om 17:00.
- Geen laat-inskrywings sal aanvaar word nie.
1.4 Inskrywingsgeld
- Die inskrywingsgelde word spesifiek by elke wedstryd aangedui en moet streng by gehou word.
- Die inskrywingsgelde soos dit in hierdie handboek verskyn, is die enigste finale bedrae wat geldig is. Enige vroeëre kommunikasie of vorige jare se handboeke kan slegs as riglyne gesien word.
1.5 Roosterboek van die Kunswedstryd
Hoewel die onderskeie komitees alles in hulle vermoë doen om buite-Bloemfonteinse deelnemers op dieselfde dag (per stad/dorp) te akkommodeer, is die rooster – soos wat dit in die roosterboek verskyn – finaal en kan veranderinge op daardie stadium slegs aangebring word as ’n deelnemer per abuis in verskillende afdelings (lokale) op dieselfde tydgleuf ingedeel is.
Spesifieke versoeke moet voor die sluitingsdatum vir inskrywings direk met die betrokke voorsitter of sekretaris van die betrokke afdeling(s) gekommunikeer word.
Die rooster met die tye van deelnemers en die nommers van deelnemers, sal nie later nie as 2 weke voor die kunswedstryd in aanvang neem, op die webwerf beskikbaar wees.
1.6 Onttrekkings
Onttrekkings moet so gou as moontlik deurgegee word om moontlike verleentheid en verwarring te voorkom. Dit sal die sekretaris se taak om die program so glad as moontlik te laat verloop, vergemaklik. Inskrywingsgeld is nie terugbetaalbaar nie en inskrywings wat reeds ingehandig is, maar nog nie betaal is nie, moet steeds betaal word. Geen plaasvervangers mag in die plek van onttrekkings deelneem nie.
1.7 Formaat van E-Hanboek Inligting
Die inligting vir elke wedstryd in hierdie e-handboek word nou in ’n vriendeliker formaat weergegee. Vir ekstra sekerheid word die doel van elke kolom kortliks verklaar:
TydDie tydsbeperking vir die betrokke wedstryd. Die werklike tydsduur van die gelewerde item mag korter wees.
| TERM | BESKRYWING |
|---|---|
| Wedstryd Nr | Dit is die unieke wedstrydnommer wat ook op die inskrywingsvorm aangedui moet word. Dit is baie belangrik dat hierdie nommer presies reg moet wees op die inskrywingsvorm. |
| Beskrywing | Die ouderdomsgroep/graad/kategorie van die spesifieke wedstryd. |
| Name | Die korrekte spelling van vanne en name is die verantwoordelikheid van die afrigter/onderwyser wat inskrywings hanteer. Enige foute moet voor of op Maandag 29 April 2024 onder die voorsitter se aandag gebring word. |
| Min | Die minimum aantal individue wat aan die item moet deelneem. |
| Maks | Die maksimum aantal individue wat aan die item mag deelneem. Indien die maksimum nie aangedui word nie, is daar nie ’n beperking nie. By wedstryde waar ’n leerder/onderwyser kombinasie van toepassing is, word die maksimum as 1 aangedui, met geen minimum nie, aangesien slegs die leerder ’n sertifikaat ontvang. |
| Koste | Die inskrywingsgeld van toepassing op die betrokke wedstryd. |
2. Algemene Wedstrydreëls
IN ALLE GEVALLE IS DIE BESTUUR SE VERTOLKING VAN DIE VOLGENDE REËLS, WAT VIR ALLE AFDELINGS GELD, FINAAL.
- Die kunswedstryd is in die eerste plek vir amateurs bedoel, maar professionele persone met lisensiaatdiploma (wat hoofsaaklik geld verdien deur die onderwys en beoefening van die besondere vak, of in hul lewensonderhoud voorsien) mag meeding indien dit spesiaal vermeld word. Die komitee behou hom die reg voor om te besluit wie professioneel is.
- Die ouderdom van ’n deelnemer word bepaal volgens sy/haar ouderdom op die dag waarop die betrokke afdeling ’n aanvang neem. Waar grade genoem word, word bedoel die klas waarin die leerders in 2026
- Geen oorspronklike werk mag meer as een keer aangebied word in ’n wedstryd van die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging nie.
- Deur in te skryf vir enige wedstryd in enige afdeling van hierdie kunswedstryd, gee die deelnemer (ook geïmpliseer deur middel van ’n inskrywing wat deur ’n onderwyser/dosent/organiseerder/ens. gedoen word) die reg aan die Vrystaatse Kunswedstryd Trust, handeldrywend as die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging (VKV), om foto’s en/of videosnitte van die spesifieke optrede tydens die kunswedstryd op die VKV se webtuiste (https://www.vskw.co.za) en/of sosiale media (Face book, YouTube, ens.) te publiseer, asook vir bemarkingsdoeleindes van die VKV. In die geval van oorspronklike werke van enige aard wat tydens die kunswedstryd aangebied word, staan die deelnemer ook kopiereg en publikasiereg toe aan die VKV, hetsy vir gebruik op die VKV se webtuiste, sosiale media of in gedrukte formaat, of enige ander elektroniese formaat wat van toepassing mag wees.
- Geen deelnemer mag meer as een keer in dieselfde wedstryd deelneem nie.
- Geen plaasvervangers mag in die plek van onttrekkings deelneem nie.
- Die beslissing van die beoordelaar(s) is finaal.
- Geen persoon (behalwe komiteelede) sal toegelaat word om met die beoordelaar(s) in verbinding te tree onmiddellik voor, gedurende of ná die beoordeling van ’n wedstrydnommer of item nie.
- Die vereniging kan nie aanspreeklikheid vir inskrywings, navrae of korrespondensie aanvaar nie, tensy dit spesifiek gerig is aan die sekretarisse/voorsitters van die betrokke afdelings.
- Vir besondere wedstrydreëls wat vir die verskillende afdelings geld, word verwys na die programme van die betrokke afdelings.
- Deelnemers moet ’n halfuur voor die tyd in die saal wees.
- Geen inskrywings sal aanvaar word alvorens die regte inskrywingsgeld betaal is en bewys van betaling gelewer is nie.
- Maak asseblief gebruik van die templaat wat aan ouers deurgegee kan word.
- Die VKV behou die reg voor om ’n prys nie toe te ken nie indien die gelewerde item(s) nie op standaard is nie.
3. Voordrag en Toneel
3.1 Simbole
| SIMBOOL | PERSENTASIE | SERTIFIKAAT |
|---|---|---|
| A++ | 95% en meer | Goud |
| A+ | 90% – 94% | Goud |
| A | 80% – 89% | Goud |
| B+ | 75% – 79% | Silwer |
| B | 70% – 74% | Silwer |
| C | 60% – 69% | Slegs sertifikaat |
3.2 Afdelingsreëls
- (a) In die geval van gedigte, monoloë, samesprake, ens. moet die teks op A4 papier (getik of duidelik geskryf) met die wedstrydnommer asook die deelnemersnommer daarop, onmiddellik voor die wedstryd begin, by die sekretaris ingelewer word. Geen lêersakkies of gelamineerde tekste sal aanvaar word nie. Die beoordelaar mag nie genader word nie. Hierdie teks is vir die gebruik van die beoordelaar bedoel en nie vir die sekretaris om voor te sê nie. GEEN TEKSBOEKE SAL AANVAAR WORD NIE.
(b) Titels van voordragte hoef nie op die inskrywingsvorms vermeld te word nie. - In die afdeling Toneel: Eenbedryf is elke opvoerende groep verantwoordelik vir sy eie kostumering, toneeldekor, ens. In die afdeling Poppespel moet elke groep hul eie poppekas voorsien. Die komitee aanvaar geen verantwoordelikheid in dié verband nie. NB: Vir die opstel en verwydering van toneeldekor word hoogstens vyf minute toegelaat.
- In die afdeling vir Primêre Skole mag daar nie meer as tien (10) deelnemers, ongeag die geslag, uit ’n skool of ateljee vir ’n bepaalde nommer ingeskryf word nie, met ander woorde alle wedstryde sluit seuns en dogters in. Ingeskrewe deelnemers mag nie vervang word nie. Geen deelnemer mag meer as een keer deelneem aan dieselfde item nie.
- Deelnemers moet hou by die tydsbeperking (waar dit aangedui word), aangesien ’n klokkie sal lui wanneer ’n deelnemer so ’n tydsbeperking oorskry. Die deelnemer sal dan die verhoog moet verlaat.
- Deelnemers en toehoorders moet 30 MINUTE voor die aanvangstyd van die wedstryd by die betrokke lokaal wees.
- SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS: 20 Maart 2026 om 17:00.
4. Meer Inligting
Meer inligting is beskikbaar in die 2026 Voordrag en Toneel Handboek.